Santa Catarina

Santa Catarina
Vlag van Santa Catarina Wapen van Santa Catarina
Ligging van Santa Catarina in Brasilië
Sien ander Brasiliaanse deelstate
Hoofstad Florianópolis
Grootste stad Joinville
Oppervlakte 95 442,9 km²
Bevolking
  - Totaal
  - Digtheid

6 910 553 (2016)
72,2 inw./km²
Goewerneur Eduardo Pinho Moreira (PMDB)
MOI (2000) 0,822 – hoog
Tydsone UTC-3
ISO 3166-2 BR-SC

Santa Catarina is 'n Brasiliaanse deelstaat in die suide van die land wat een van die hoogste lewensstandaarde in dié Suid-Amerikaanse land geniet. Sy hoofstad is Florianópolis, wat gedeeltelik op die eiland Santa Catarina lê. Santa Catarina word begrens deur die deelstate Rio Grande do Sul in die suide en Paraná in die noorde. In die weste grens dit ook aan die Argentynse provinsie Misiones. Die grootste stedelike nedersetting is Joinville.

Met 'n oppervlakte van 95 442 vierkante kilometer en 'n bevolking van bykans sewe miljoen is dit een van die kleiner Brasiliaanse deelstate. Dit verskil ook ten opsigte van sy klimaat, wat deur vier bepaalde jaargetye gekenmerk word, merkbaar van die meeste ander state. So is Santa Catarina die mees "Europese" deelstaat van Brasilië - die oorgrote meerderheid (86 persent) van sy inwoners is nasate van Portugese, Duitse, Italiaanse en ander Europese immigrante.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne